Oor ons

Ons is ʼn internasionale groothandelaar met meer as twee dekades ondervinding van voorloper luukse produkte. Ons het wêreldwyd langtermyn verwantskappe met ons klante en leweransiers opgebou. Dit is gegrond is op wedersydse vertroue en optrede wat etiese waardes getrou nakom.

 

Ons spesialiseer in die volgende produk-kategorieë.:

 

  • Voorloper handelsmerke vir parfuum
  • Velsorg, Skoonheidsmiddels en Haarsorg
  • Horlosies
  • Bykomstighede vir leefstyl en mode
  • Sterk drank en Koeldrank
  • Blitsverkoper-produkte vir verbruikers
  • Andere

Ons werk met voorraad, asook met geprogrammeerde bestellings vir toekomstige aflewering. Ons maak gereeld inventarisse op en hou ‘n wye verskeidenheid van alle belangrike handelsmerke in voorraad ten einde te voldoen aan die gevarieerde behoeftes van ons uiteenlopende klante wat wissel van groothandelaars tot kleinhandelaars op die Internet. Ons pakhuise op strategiese plekke dwars oor Asië spog met die nuutste tegnologie. Ons is trots daarop dat ons goedere volgens die mees professionele manier verpak sodat klante produkte in die beste toestand ontvang.

 

Ons is in staat om oplossings wat eiesoortig is aan klante se behoeftes aan te bied betreffende geprogrammeerde aflewering en verskillende maniere van vervoer regoor die wêreld. Elke klant is vir ons belangrik en ons streef daarna om diens wat persoonlik en professioneel is, aan te bied deur enkelpunt-kontak.

 

Ons soek voortdurend na handelsvennote met dieselfde sakebelange as ons, kontak ons dus gerus indien u belangstel om meer oor ons te wete te kom.